God se Kinders - Koop 'n boek, borg 'n boek

God se Kinders - Koop 'n boek, borg 'n boek

Books

Price: R100.00

Language: Afrikaans
Code: AFRTUTB
Category: Catechism
Other categories
  • Kids and Youth

In Kinders van God - Bybelverhale vertel aartsbiskop Desmond Tutu meer as vyftig van sy gunstelingverhale uit die Ou en die Nuwe Testament. Die lieflike en besielende teks word visueel aangevul deur 'n buitengewone span van party van die voorste illustreerders ter wêreld, wat verseker dat hierdie Storiebybel wêreldwyd sal aanklank vind. Elke storie wys hoe God in en deur die geskiedenis werk en word afgesluit met 'n kort gebed. Sodoende word die boodskap in die kind se eie lewe tuisgebring.

Hierdie Kinderbybel dra die Boodskap van God se droom vir sy mense uit - die omgee-God wat lief is vir ons, wat ons vergewe en al ons verskille wat ons maak wie ons is, vier. Die inhoud fokus op die opvoedkundige metodologie van Christenwees as 'n leefstyl. Die teks is geslags-, etnies en kultuursensitief. Die algehele tema is verhoudings en rekonsiliasie en waar moontlik, word dit in die illustrasies in die emosionele en fisiese konneksie uitgebeeld.

CLF Monitor

Click here to download the latest newsletter

Other links