Leef bedagsaam, met oorgawe, uitdagend, met vertroue - maar leef volgens God se wil!
Hoe kan jy voorkom dat jy met die MI-virus besmet word? Deur te leef aan die hand van God se riglyne.
Jy word uitgenooi deur die Drie-enige God: Vader, Seun en Heilige Gees na die grootste fees! Lees meer oor die fees wat God vir ons voorberei en hoe ons onself moet voorberei hiervoor. En vul dan jou naam in by die spasie voorsien - dat jy die uitnodiging aanneem en gevoglik alles in jou vermoë sal doen om gereed te wees.
Die Heilige Gees help ons om geestelik te groei. Dit is egter belangrik dat ons tyd met God en sy Woord spandeer. Dit sal ons help om ons groei te bewerkstellig.
Wanneer is genoeg nou eintlik genoeg? Is my vriend, vriendin, eggenoot se drankgebruik besig om in drankmisbruik te ontaard? Hoe moet ek die situasie hanteer? Eenvoudige pamflet moontlik gemaak met die befondsing van die Department van Landbou.
Wat is die effek van alkohol op 'n mens se liggaam? Wat is alkohol nou eintlik en hoekom kan dit in 'n probleem ontaard as jy te veel alkhol gebruik? Eenvoudige pamflet moontlik gemaak met die befondsing van die Department van Landbou.
Soveel begrafnisse ontaard in 'n vertoon van peperduur kiste, oordadige verversings en 'n familie wat agtergelaat word met hope skuld. Hoe behoort 'n Christenbegrafnis werklik te lyk?
Wat glo die Moesliems? Hoe verskil hul geloof van Christenskap? En hoe behoort ons as Christene hul te benader?
Depressie maak jou wêreld donker. Enige persoon is kwesbaar daarvoor. Hoe identifiseer ek depressie? Wat kan ek doen as ek vermoed ek ly daaraan? Geskryf deur dr Henk Gous n.a.v. sy boek Om die ondraaglike te dra.
Hoe verwerk 'n mens die hartseer van 'n geliefde wat gesterf het? As al die besoekers weg is en jy alleen agterbly met jou hartseer, hoe gaan jy aan sonder jou geliefde? Geskryf deur dr Henk Gous nav sy boek Om die ondraaglike te dra.
Is ons reg vir die wederkoms? Wat weet ons werklik daaromtrent? Hoor weer die wonderboodskap dat die Here Jesus weer kom - ook vir my en jou.
Daar is 'n wonderbaarlike boodskap vir elkeen van ons in die gelykenis van die verlore seun. Die verhaal van die twee seuns is deel van 'n groter verhaal - die verhaal van hoe God die Vader sy Seun Jesus Christus en daarna sy kerk na die verlore wêreld gestuur het vir ons sondes.
Egskeiding is 'n realiteit en soveel huwelike word 'n slagoffer hiervan. Hoe kry jy weer rigting en hoop na 'n egskeiding?
Egskeiding is ongelukkig 'n realiteit in ons samelewing. Die impak wat dit op ons kinders het, moet nie onderskat word nie. Hoe moet ons ons kinders of kinders na aan ons benader wat deur 'n egskeiding-situasie is?
Eenvoudige pamflet om kinders te leer dat dit hulle reg is om nee te sê wanneer hulle ongemaklik voel met die teenwoordigheid of kontak van ander mense, ook volwassenes. Die pamflet is slim geskryf deur 'n kundige wat die kind se lyfie in drie dele opdeel soos 'n verkeerslig: Groen - veilige dele, oranje - minder veilige dele en rooi - privaatdele.
Dit is nie altyd maklik om openlik oor Jesus te praat nie. Leer hoe om met selfvertroue oor Jesus te getuig.
Sewe pragtige gebede. Pragtige pamflet om in jou Bybel te hou en te bid, veral wanneer dit voel of jou woorde soms opraak.
Gesinsgeweld vind in vele vorme plaas. Dit is nie net fisies nie, maar ook verbaal en materieel. Niemand hoef dit te duld nie. Praat daaroor!
God het 'n besonderse boodskap van verlossing - net vir jou. Het jy al hierdie boodskap waarlik ontvang en joune gemaak?
Hoekom is daar reëls en hoekom moet ek dit volg? God het 'n stel reëls in die Bybel daargestel en dit is die enigste Wet van God, die Tien Gebooie. Hierdie pamflet behandel die Tien Gebooie op kinders se vlak sodat hulle kan verstaan wat God se Wet van ons verwag.
Is daar 'n spesifieke manier hoe ons met God moet praat? Hoe behoort ons tot Hom te bid? As jy soms voel jy bid teen die dak vas, lees hierdie pamflet en besef weer dat ons met God kan praat net waar ons is, wanneer ons wil. Hy luister altyd na 'n opregte se gebede.
Drank is soms vir jou die enigste uitweg. Dit lyk of dit al is wat jou van jou sorge laat vergeet en jou help om weer deur die dag te kom. Maar die 'vriend' is nie so vriendelik soos wat hy hom soms voordoen nie. Hy kan jou lewe verwoes.
Dit is belangrik om deurlopend ons verhouding met God dieper en inniger te maak. Dit is hoe ons geestelik groei.
Kinders van God moet besef hoe belangrik dit is om iemand van die Here te vertel. Die Here stuur ons om sy getuies in die wêreld te wees: “... soos die Vader my gestuur het, stuur ek julle (Johannes 20:21)”. As ons God se kinders is, kan ons eintlik ook nie anders nie; ons wil graag oor Jesus getuig teenoor alle mense.
Wanneer is alkoholgebruik 'n probleem? Watter verskonings word voorgehou sodat daar net nog 'n drankie gedrink kan word? Watter effek het dit op die persoon se insette in die samelewing? Is dit 'n probleem wat so ver gevorder het dat hy of sy moet hulp kry - en waar? Eenvoudige pamflet moontlik gemaak met die befondsing van die Department van Landbou.
Dit is baie moeilik om te verstaan hoekom mense siek raak en wat die groter plan daarmee is. Ons kan egter bemoediging uit God se Woord kry vir die moeilike tye wanneer ons siek of selfs in die hospitaal is. Ideaal vir hospitaalbesoeke en -uitreike.
Jy hoef nie jou geluk en identiteit in dwelms te soek nie. Jy kan 'n vol en gelukkige lewe lei sonder dwelms. Dink jy jy het nie werklik 'n probleem nie? Soek jy 'n uitweg uit jou probleem? Ideaal vir tieners en jongmense met hulpnommers en hul eie persoonlike spasie om 'n lysie te maak van waar hulle hulp kan en wil soek.
Baie vroue onderdruk hierdie wandaad wat teenoor hulle gepleeg is in so 'n mate dat hul bykans daarvan vergeet. Maar die geringste herinnering of gebeurtenis kan die gebeure weer vir hulle laat oopmaak. Dit is belangrik dat elkeen wat 'n slagoffer was die pad van genesing en vergifnis stap sodat hul vry kan wees van die las wat dit op hul geplaas het.
Moet ons simpatie hê met misdadigers? Kan daar simpatie wees wanneer ons so magteloos kwaad is oor die onreg wat ons aangedoen is?
Geweld en misdaad is soos 'n groot pot wat dreig om oor te kook. Emosies loop hoog en dit lyk asof die situasie nie sommer sal erander nie. Hoe moet ons as gelowiges optree?
Kersfees is baie keer meer oor die geskenke, die liedjies en die partytjies wat gedurende die tyd gehou word. Wat is Kersfees werklik en hoe behoort ons dit te vier?
Die lewe bestaan uit keuses. Elke dag neem jy onbewustelik honderde keuses. Daar is egter die keuses wat verreikende gevolge kan hê. Dus moet jy bewus wees van die gevolge van jou keuses. Maak dit aan die hand van God se riglyne vir jou lewe.
Hoe leer jy vir kinders om van kleins af die regte lewenskeuses te maak? Verstaan hulle die gevolge van verkeerde keuses? Eenvoudige pamflet vir kinders om hulle te help op hul lewenspad en 'n sterk fondasie van regte keuses daar te stel.
Hoe leer 'n mens kinders bid? Hoe leer jy hulle dat gebed 'n oop kanaal na God is - elke dag - enige tyd, enige plek? Eenvoudige pamflet oor gebed geskoei op die Onse Vader. Ideaal vir kategeseklasse of huisgodsdiens of sommer net vir die kind om te lees.
Dit was 'n groot skok toe jy uitgevind het jy is MI-positief. En nou leef jy elke dag met die virus saam. Watter troos kan jy uit die Bybel kry?
Wat is die ware betekenis van Nagmaal? Hoe behoort Christene Nagmaal te vier?
Wat is okkultisme? Watter waarskuwingstekens sal ons aantref by mense wat in hierdie web vasgevang is? Wat kan ons as gelowiges vir hulle doen?
Dien die Here met dankbaarheid. Wat is dankoffers en hoekom is dit belangrik dat jy ‘n dankoffer moet gee?
Verwondering is daardie oomblik wat jy besef jy is in die teenwoordigheid van Iets wonderliks. Verwondering is wanneer jou oë kan begin sien dat die wêreld nie net liggame en dinge is nie. Verwondering is wanneer jy die ongewone in die alledaagse kan raaksien. En wanneer die gewone vir jou oneindig mooi word.
Wat kan gemeentes doen om die geweldige gevolge van hierdie pandemie in ons gemeenskappe aan te spreek? Hoe kan ons werklik betrokke raak en ‘n verskil maak?
n Pragtige boekmerk met Psalm 23 en die Onse Vader. Hou dit in jou Bybel of gee dit as 'n geskenk aan iemand om hul te herinner aan God se goedheid en trou.
God het jou gemaak - jy is syne - glo jy dit? Eenvoudige evangelie-boodskap vir oud en jonk.
Hoe bedien ek iemand met 'n Christelike pamflet? Hoe begin ek 'n pamfletbediening in my gemeenskap, in my kerk of sommer net onder my vriende en familie?
Lewenskeuses kan gemaak word aan die hand van 'n verkeerslig. Stop, dink eers oor wat jy wil doen en doen dan as jy die gevolge deurdink het. Eenvoudige pamflet vir kinders oor lewenskeuses.
Om seksueel aktief te wees is 'n keuse wat elkeen maak - ook as tiener. Jy moet egter deeglik bewus wees van die nagevolge - is jy al reg om 'n mamma te wees? Of wil jy eintlik nog net 'n tiener wees wat onbesorg saam met jou vriende kuier?
Tik is 'n dwelmmiddel wat geweldig gewild onder kinders van selfs so jonk as ag jaar oud is. Wat is die newe-effekte? Waarvoor moet ons uitkyk? Eenvoudige pamflet om kinders te waarsku om nie Tik te gebruik nie.
Troosboodskap vir wanneer jy hartseer is, ondersteuning nodig het of treur.
Hoe staan ons as gelowiges mense by wat slagoffers van misdaad was? Watter vertroosting en bemoediging kan ons vir hul gee in 'n land wat gebuk gaan onder geweld en misdaad?
Is jy dalk 'n slagoffer van hierdie geweldsmisdaad? Ken jy dalk iemand wat 'n slagoffer was? Die doel van hierdie pamflet is om slagoffers raad te gee om hierdie daad te verwerk en ook aan diegene na aan die slagoffer om beter begrip te hê vir dit waardeur die slagoffer gaan. Simpatiek geskryf deur 'n berader.
Vuil taal het bykans sosiaal aanvaarbaar geword. Besef ons wat is die impak van die gebruik van vuil taal en wat leer die Bybel ons daaromtrent?
Aftrede is nie altyd maklik nie. Mense voel skielik dat hulle niks meer werd is en niks het om voor te lewe nie. Hoe bly jou lewe sinvol na aftrede?
As iemand na aan jou selfmoord pleeg, wonder jy wat het deur die persoon se gedagtes gegaan om tot so 'n verskriklike daad oor te gaan. Hoe kon jy nie die waarskuwingstekens gesien het nie, watter tekens het jy gemis? Geskryf deur dr Henk Gous nav sy boek Om die ondraaglike te dra.
Mishandeling is 'n euwel wat in alle sosiale klasse voorkom. Geen vrou hoef egter enige vorm van mishandeling te duld nie. God gee aan jou die krag om uit te breek uit hierdie situasie en daar is baie organisasies wat van hulp kan wees.
Wat is die effek op my ongebore baba as ek alkohol sou inneem terwyl ek swanger is? Eenvoudige pamflet om voornemende moeders en swanger vrouens in te lig oor Fetale Alkoholsindroom.
In pragtige geselstrant skryf Jan Albert van den Berg oor menswees, ons bestaan, die opstanding, om in die hede te leef en hoe ons beelddraers moet wees.
Die heilsweg is een onverdiende goddelike gawe van ewige verlossing vir elkeen wat die Here liefhet. Maar wat beteken roeping, wedergeboorte, bekering, geloof, uitverkiesing, doop met die Gees? Prof Jannie du Preez verduidelik op 'n eenvoudige wyse wat die heilsweg behels...
Wat glo die Jehovagetuies anders as jy? Leer meer oor hul geloof en hoe om met hulle te gesels.